Olivien

Olivien
 
Forsteriet-Olivien 
Formule Mg2SiO4 
Onsuiwerhede Fe 
Nickel-Strunz (10) 9.AC.05  
Kleur groen, liggeel, wit 
Streep wit 
Glans glasagtig 
Hardheid 7 (Mohs)[1] 
Digtheid 3.275 g/cm3 
Dubbelbreking tweeassig (+) 
RI-waardes nα = 1.636 – 1.730 nβ = 1.650 – 1.739 nγ = 1.669 – 1.772 
Kristalsisteem ortorombies 
Ruimtegroep Pbnm 
Strukturbericht-kode S1₂ 
Eenheidsel a = 4.754 Å, b = 10.1971 Å, c = 5.9806 Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Olivien is 'n mineraal met samestelling (Fe,Mg)2SiO4. Dit is 'n nesosilikaat. Die eindlede van die mengreeks word forsteriet Mg2SiO4[1] en fayaliet Fe2SiO4[2] genoem en in Engels word dikwels die term Fayalite-Forsterite Series gebruik pleks van olivine.

Olivien is baie volop en een van die belangrikste minerale wat in achondriete aangetref word en S-tipe asteroïde soos 25143 Itokawa bevat dit.[3] Kenmerkend vir komatiïet-lawas is hulle hoë smeltpunt en 'n spinifeks-tekstuur van olivien-kristalle.[4] Olivien word op talle plekke in Suid-Afrika aangetref soos die Driekopmyn, Zondereindemyn en Zwartkopmyn in Limpopo of die Star-, Jagersfontein of Koffiefonteinmyn van Vrystaat. Dit word ook in meteoriete gevind soos die Molteno-, Malvern-, Benoni- of Macibinimeteoriete wat in Suid-Afrika geval het.[5]

  1. 1,0 1,1 "mindat 1584" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020.
  2. mindat 1458
  3. Intelligent Life in the Universe: Principles and Requirements Behind Its Emergence Peter Ulmschneider Springer Science & Business Media, 2005, ISBN 3-540-32838-6, ISBN 978-3-540-32838-4
  4. Early Precambrian Basic Magmatism R.P. Hall, D.J. Hughes Springer Science & Business Media, 2012, ISBN 9400903995, ISBN 9789400903999
  5. mindat 8658

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search